MEES ALGEMENE VRAE OOR KOMA.
Daar word deesdae verwys na koma as ‘n alternatiewe staat,
soortgelyk aan slaap, waar individue totaal en al onopwekbaar
en nie-reageer op eksterne stimuli of hul eie innerlike behoeftes
nie.
Tog, in ComaCARE glo ons dat persone
in ‘n koma hul beywer om meer bewus te wees van potensiële
meningsvolle ervarings, en dat hul dikwels bereik kan word deur
gespesialiseerde kommunikasie metodes te gebruik.
Wanneer iemand in ‘n koma is, ervaar mens slaap-wakker siklusse
en is die persoon in ‘n veranderde bewussyn status, waarna
verwys word as “minimale bewussyn”. Koma kliënte
kan min of meer enige tyd bewus wees van die gebeure rondom die
bed.
Maak altyd die aanname dat die persoon in ‘n koma u kan
hoor. Hoor is die laaste sintuig wat vervaag. Praat met die persoon
en waar moontlik, “luister” na die ongesproke tekens
wat help om ‘n wedersydige (ja/nee) kommunikasie sisteem
te bewerkstellig.
Nie noodwendig nie. Dit is gewoonlik die beste om in ‘n
normale stemtoon te praat, met die atmosfeer van die vertrek in
ag geneem. Sommige oefeninge vereis meer as een persoon en mag
soms meer bevestiging, aanmoediging en soms erkenning benodig.
Soms is die persoon se fisiese vermoëns om uiting te gee
aan gevoelens beperk, en is dit wat ons waarneem nie nie ‘n
akkurate weergawe van wat die persoon werklik ervaar nie. Moet
liewers nie aannames maak nie, maar ondersteun die persoon deur
basies jou sensoriese waarnemings aan hom mee te deel. In plaas
van te sê: “Jy huil, jy is hartseer”, sê
eerder: “daar kom water uit jou oê uit”. Dit
skep die geleentheid om ‘n leë stelling te maak wat
die pasiënt kan help om himself van die aksie bewus te maak,
sodat hy geleentheid kan kry om dit te vul met emosies wat hy
ervaar. Indien moontlik, probeer met ‘n binêre kommunikasie
vas te stel wat die persoon eintlik voel.
Jy sal hul nie versteur as jy negatiewe terugvoer herken en daarop
reageer nie. Moet ook nie meer as drie pogings aanwend om kommunikasie
te bewerkstellig nie. Negatiewe terugvoer is wanneer daar geen
verandering in hul kommunikasie patron is direk na jou tussentredes
nie.
Wanneer die persoon wat in die koma is rustig is,kan hul besig
wees met innerlike werk, of meditasie. Soms is stimuli van buite
‘n aanmoediging om hul te help met die bewussynsproses,
sodat hul kan groei en uit die koma ontwaak. Daar sal subtiele
positiewe terugvoer wees in die vorm van tekens wat hul aan jou
gee, en dit sal die aanduiding wees dat jy op die regte pad is.
Jy kan, mits jy jouself voorstel, en toestemming vra! Die basiese
begrip van Menseregte is van toepassing op die persoon wat in
‘n koma is.Wees sensitief teenoor die kliënt se terugvoer
en ook jou eie innerlike gevoelens. As dit nie nou die regte tyd
is nie, laat dit vir later.
Die diepste vlak van ‘n koma duur oor die algemeen van twee
tot vier weke. Wannwwer die persoon nie van die koma ontwaak nie,
gaan hy/sy in verskillende stadia van semi komateuse vlakke, gewoonlik
verwys ons daarna as “vegetatiewe vlakke” wat insluit
slaap-wakker siklusse. Hierdie variasie van vlakke ontstaan wanneer
daar traumatiese breinbeserings voorkom, en ook in persone wat
metaboliese veranderinge ondergaan as gevolg van chemise veranderinge
in die bloedvlakke. Die person in die koma het ‘n beter
kans op herstel wanneer koma werk so gou moontlik na die besering
plaasvind.
Breinbesering affekteer individue verskillend. Om ‘n prognose
te bepaal, is baie moeilik.
Wanneer iemand in ‘n koma is, word verskeie toetse gebruik
om die omvang van die breinversteuring te bepaal.
- Elektriese aktiwiteit kan getoets word met ‘n elektro
ensefalogram (EEG) wat kan vasstel of die persoon wakker, bewus
of aan die slaap is.
- ‘n Gerekenariseerde tomografie (CT) of gerekenariseerde
axiale tomografie (CAT) skandering en magnetiese bron uitbeelding
(MRI) dui die fisiese abnormaliteiete deur hoë kwaliteit
kruis disseksie beelde van die brein weefsel.
- Glasgow skaal en Rancho Los Amigos skale is gedrags toetse
wat poog om die diepte vlak van die koma te bepaal.
- Daar is ook ‘n skaal vir kinders wie in ‘n koma
verkeer.
Terug tuis toe